Bellrylaan, Noordheuwel, Krugersdorp, 1740, Tel: +27(0)11 954 1032, GPS -26.096486, 27.808242 info@nories.co.za

TUISBLAD

NORIES OPEDAG - Woensdag 11 Maart 2020


Algemeen

Parkering en Sekuriteit

Hoërskool Noordheuwel het 'n onbenydenswaardige en unieke situasie rakende verkeer en parkering.Oplossings oor hoe om die verkeersdruk voor en na skool die hoof te bied en sekuritet te verbeter, word deurlopend oorweeg. Die tendens onder matrieks om met eie motors skool toe te kom, vererger die verkeersvloeiprobleem by die skool. Die skool kan ook nie verantwoordelikheid vir die sekuriteit in die straat aanvaar nie. Daarom word matrieks sterk afgeraai om met eie vervoer skool toe te kom.

Skoolure

Maandag tot Vrydag 07:25 - 14:00. Vir volledige inligting oor skoolbywoning, lees meer onder skoolreëls.

Inskrywings

Nories se Opedag vir voornemende gr8's in 2021 vind plaas op 11Maart 2020. Meer inligting rondom registrasie en belangrike datums vir 2021, sal onder Nuwe Nories bekend gemaak word. ‘Aansoek om toelating’ dokumentasie wat by die skool of op die webblad beskikbaar is, kan voltooi word en dien as aanvullende inligting tot die amptelike aanlyn registrasie. 

Toelating is streng onderhewig aan die beskikbaarheid van benutbare akkommodasie en personeel soos deur die onderwysbeleid bepaal.

Busvervoer

Hoërskool Noordheuwel bedien verskeie busroetes teen 'n koste. Vervoer na afloop van oefening van buitemuurse aktiwiteite om 17:00 is ook beskikbaar. Enige navrae i.v.m. busse word deur Me Rina Steyn - 011 954 1032 (uitbreiding 237) hanteer. Vir kostes en volledige inligting, lees meer onder finansies.

Klerewinkel

Noordheuwel se eie klerewinkel, is daagliks oop gedurende die skoolkwartaal vanaf 6h45 tot 14h30. Kontak Engela Briedenhann (011) 954-0594 / 083-644-7344 of  Ilandi van Rooyen 072-259-2171 vir pryse of kwotasies, of vir volledige inligting, lees meer onder klerewinkel

Sluitkassies

Noordheuwel het 'n beperkte aantal sluitkassies beskikbaar in twee verskillende groottes, nl. gewoon en sportsluitkassies wat teen 'n jaarlikse fooi gehuur kan word. Vir koste en meer inligting, lees meer onder finansies.

MySchool Kaart

Die MySchool MyVillage fondsinsamelingsprogram samel fondse in vir skole. HS Noordheuwel gebruik hierdie fondse vir projekte soos die uitbreiding van die Nories@Work lokaal waar leerders hul huiswerk kan doen. Om 'n ondersteuner te word, moet jy registreer by MySchool en 'n skool kies om te ondersteun. MySchool kaarthouers kan voordeel trek uit verskeie spesiale aanbiedinge en aflsag. Kaarthouers is outomaties deel van Woolworths se WRewards program, kry R40 afslag op elke GetAhead of MathPro sagteware item en eksklusiewe afslag by Altech Netstar.Jy kan aanlyn registreer, 'n kaart by jou plaaslike Woolworths kry, of die skool kontak. Dit is vinnig en maklik!

Bly Ingelig

Die D6 Schools Communicator stel jou in staat om daagliks die jongste nuus, veranderinge in die Norie Dagboek en belangrike dokumente, soos toetsroosters te ontvang op jou rekenaar of op jou foon. Om die D6 Communicator af te laai en te installeer, druk hier.

Vir meer inligting oor spesifieke sake, kry die relevante kontaknommers hier.

Finansies

Onderriggeld word jaarliks bepaal en is maandeliks vooruitbetaalbaar voor die 7de van die maand. Die totale bedrag moet nie later nie as die begin van Desember inbetaal wees. Die eerste betaling vir die nuwe jaar is betaalbaar voor die skool open in Januarie. 

Indien die totale bedrag voor 31 Maart 2020 betaal word, ontvang u 'n korting van R1500. Debietordervorms is by die kantoor beskikbaar.

Bankbesonderhede

Hoërskool Noordheuwel
Nr: 310391255
Tak: ABSA Krugersdorp
Takkode: 632005
Tipe rekening: Tjek
Kwitansies word voorsien.

Lief & Leed

Het jy enigiets wat jy voel nuuswaardig is? Wil jy graag op hoogte bly van wat daagliks gebeur by Nories? Volg ons op Facebook!

Matrieks 2019: Toppresteerders

Monica Coetzee
9 onderskeidings

Carmen Potgieter
8 onderskeidings

Xander Juhl-Jürgens
8 onderskeidings

Neleha Coetzee
8 onderskeidings

Adeline Cronje
8 onderskeidings

Petroné Maritz
7 onderskeidings

Lee du Plessis
7 onderskeidings

Alexis Römer
7 onderskeidings

Corine Mouton
7 onderskeidings

AKADEMIE

SPORT

KULTUUR

SOSIAAL

Hoekom Nories?

Hoërskool Noordheuwel bied ‘n skool waar uitnemendheid sy eie resies hardloop, daar ‘n passie is om voluit te lewe en waar veilige en gelukkige leerders hulself kan tuismaak

Inskrywings

Volgens die nuutste riglyne van die Departement van Onderwys moet ouers ook nou aanlyn registreer. Lees meer oor toelatingsvereistes en prosedures by "Nuwe Nories"

Gr 8 Inskakelings-
program

Geen “ontgroening” vind plaas nie.'n Vooraf beplande inskakelingsprogram word gedurende die eerste week van die nuwe jaar deur die gr. 8-leerders gevolg. Dit word afgesluit met ‘n Gr 8-konsertproduksie wat die ouers kan bywoon.

Opedae en Roadshow

Jy kan videos van ons jaarlikse "roadshow" na die laerskole in die omgewing sien en nuus kry oor ons volgende opedag op die "Nuwe Norie" blad.