Bellrylaan, Noordheuwel, Krugersdorp, 1740, Tel: +27(0)11 954 1032, GPS -26.096486, 27.808242 info@nories.co.za

KULTUUR

Hoƫrskool Noordheuwel streef na die ontwikkeling van gebalanseerde volwassenes en daarom bied ons 'n wye verskeidenheid kultuuraktiwiteite waarin leerders hul kan uitleef en talente kan ontwikkel.

KRITERIA VIR KULTURELE TOEKENNINGS

Nories kultuur is kookwater en ons glo dat, om erkenning aan ons kulturele uitblinkers te gee, leerders aanspoor om altyd harder te probeer. Die kriteria waarop kultuurtoekennings gebaseer word, kan hier afgelaai word.

Koor

Die koor onder leiding van Me Annamarie Lubbe, neem jaarliks deel aan die ATKV Applous-kompetisie asook die CANTA Tuks- kompetisie.

a capella

Nories se gewilde a capella-sanggroep onder leiding van Me Rianda Geldenhuys, tree gereeld op by en neem deel aan kunswedstryde soos RACA en NEA.

Redenaars & Debat

Die redenaars- en debatsorganiseerder is Me Marthie Van Deventer

Spreekkoor

Die Norie-spreekkoor o.l.v. Me Erna Clunie, sorg vir groot vermaak met gereelde optredes en neem deel aan verskeie kompetisies.

Drama

Die drama-organiseerder is Me Marica de Wet.

TalentweekNorie Idols

Die Nories-talentweek en Idols-kompetisie word georganiseer deur Me Erna Clunie.