Akademie

Elke leerder is belangrik vir Nories se personeel en daarom word akademiese tyd voluit benut.

Akademiese Meriete Toekennings

Graad 8-9
GRAAD 8
Wit 75% – 79.4%
Silwer 79.5% – 84.4%
Goud 84.5% – 90.4%
Erekleure 90.5%+
GRAAD 9
Wit 75% – 79.4%
Silwer 79.5% – 84.4%
Goud 84.5% – 90.4%
Erekleure 90.5%+
Graad 10-12

Gemiddeld vir toekennings word bepaal uit: Afrikaans, Engels, Wiskunde of Wiskundige geletterdheid en 3 beste keusevakke se gemiddeld.

GRAAD 10
Wit 72% – 77.4%
Silwer 77.5% – 83.4%
Goud 83.5% – 89.4%
Erekleure 89.5%+
GRAAD 11
Wit 72% – 75.4%
Silwer 75.5% – 79.4%
Goud 79.5% – 87.4%
Erekleure 87.5%+
GRAAD 12
Wit 72% – 75.4%
Silwer 75.5% – 79.4%
Goud 79.5% – 84.4%
Erekleure 84.5%+

Graad 8-9

Graad 8- en 9-leerders is verplig om volgens departementele vereistes die volgende vakke te neem:

  • Afrikaans Huistaal
  • English FAL
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe
  • Lewensoriëntering
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Tegnologie
  • Skeppende Kunste (musiek en visuele kuns)

Graad 10-12
VERPLIGTE VAKKE
  • Afrikaans
  • English FAL
  • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
  • Lewensoriëntering
KEUSEVAKKE

Leerders kan 'n minimum van 3 van die volgende vakke kies:

  • Sosiale Wetenskappe: Geografie, Toerisme, Geskiedenis
  • Fisiese Wetenskappe: Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe
  • Inligtingstegnologie: Inligtingstegnologie (IT), Rekenaartoepassingstegnologie
  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies
  • Tegnologie: Ingenieursgrafika & ontwerp en Verbruikerstudie
  • Kuns & Kultuur: Visuele Kunste, Dramatiese Kunste

AdMaths (Gevorderde Wiskunde - Na ure): Kontak Wiskunde Vakhoof vir meer inligting.

Eksamens word jaarliks gedurende Junie en November afgelê. Matrieks skryf gedurende Augustus en September die rekordeksamen.

Toetsreekse word deur die loop van die eerste, tweede en derde kwartaal afgelê. Elke week is daar 2 toetsdae. Kwartaallikse toetsroosters is beskikbaar op die D6 Communicator onder Bronne, soos wat dit beskikbaar gestel word.

Gedurende eksamens studeer leerlinge tuis tensy hierdie voorreg weens swak akademiese prestasie of weens dissiplinêre maatreëls verbeur word.

Verskeie aanvullende klasse (onder andere Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Rekeningkunde), word deurlopend gratis aan ons leerlinge gebied. Leerlinge wat probleme in vakke ervaar, word aangemoedig om hierby in te skakel. Soos wat die behoefte ontstaan, word aanvullende klasse ook in ander vakke gereël. Klasse kan ook per afspraak gereël word.

Alle graad 8- tot graad 10-leerders se leesbegripvermoë word aan die begin van die jaar getoets. Die leerders sal dan vir die res van die jaar een periode per siklus in die sentrum lees om sodoende hul leesvernuf op te skerp.

Die sentrum sal ook na skool oop wees vir enige leerder wat sy/haar leesvaardighede wil verbeter. As 'n leerder kan lees, kan hy/sy makliker studeer en daarom sal daar van leerders wat akademies sukkel, verwag word om die sentrum by te woon op 'n gereelde basis.

Nories@Work is 'n lokaal waar leerders Maandae tot Donderdae kan huiswerk doen, take of opdragte voltooi en studeer terwyl hulle wag vir vervoer of sportoefeninge.

Daar is internetfasiliteite en 'n personeellid wat hulp kan verleen met sekere probleme.

Admaths is gevorderde Wiskunde wat deur die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) aangebied word en leerlinge kan slegs op uitnodiging vir die vak registreer. Leerlinge wat Wiskunde aan die einde van hulle graad 8-jaar met ’n onderskeiding slaag, sal 'n uitnodiging per brief ontvang vanaf die instansie wat by Hoërskool Noordheuwel die Admaths-sentrum bedryf.

Leerlinge wat van nature goed presteer in Wiskunde, verleer maklik om te konsentreer en aandag te gee in 'n klaskamer en met die vak wat groter uitdagings bied, verseker dit dat elke leerling steeds voortdurend sal besef dat daar deurlopend gekonsentreer moet word in 'n klaskamer.

Universiteite beveel sterk aan dat leerlinge wat in 'n finansiële rigting of in 'n ingenieursrigting wil studeer, vroegtydig sal begin met die vak om hom/haar 'n voorsprong met hulle studies te gee.

Kontak me C. Retief vir navrae.

Matriekuitslae 2025

Hoërskool Noordheuwel is trots op die Klas van 2025 se uitstekende akademiese prestasies. Ons matrikulante het weereens bewys dat toewyding, harde werk en deursettingsvermoë tot uitsonderlike resultate lei.

Met uitstaande prestasies in verskeie vakgebiede het hierdie groep leerders hul merk gemaak en die Norie-tradisie van akademiese uitnemendheid voortgesit. Baie van ons matrikulante sit hul studies voort aan toonaangewende universiteite en tersiêre instellings, waar hulle die waardes en gees van Noordheuwel verder uitdra.

Hier vier ons die hoogtepunte en prestasies van die Klas van 2025.

Ons Tema Vir 2026

Vanjaar fokus ons op die vervulling van elke leerder se potensiaal en die bou van 'n gemeenskap waar almal se lig skyn.

"In die Norie-tuin, groei jou drome ruim"

Ons Tema vir 2026