Ons Tema Vir 2026
Vanjaar fokus ons op die vervulling van elke leerder se potensiaal en die bou van 'n gemeenskap waar almal se lig skyn.
"In die Norie-tuin, groei jou drome ruim"
Die Nories se koerant is propvol nuus en word eenmaal per kwartaal uitgegee sodat almal op hoogte kan kom van al die (skinder)nuus. Lekker lees!
Die digitale weergawe sal binnekort beskikbaar wees.Bly op hoogte van opwindende aktiwiteite en geleenthede wat voorlê.
Hoogtepunte van Januarie tot Desember 2026
Augustus
Matriekfokus
Die matriekgroep werk doelgerig aan hul finale voorbereiding terwyl die eindstreep al nader kom.
Oktober
Talentweek
'n Viering van talent waar leerders die geleentheid kry om hul unieke vermoëns en kreatiwiteit ten toon te stel.
Desember
Jaarafsluiting
Ons kyk met dankbaarheid terug op 'n jaar van prestasies, vriendskappe, groei en kosbare herinneringe.
Vanjaar fokus ons op die vervulling van elke leerder se potensiaal en die bou van 'n gemeenskap waar almal se lig skyn.
"In die Norie-tuin, groei jou drome ruim"